Bridal Makeup Bloemfontein

5 Wenke om jou Perfekte Grimeerkunstenaar te kies - Simoné Niebuhr

Tensy jy self grimering kan aanwend, wil jy waarskynlik ‘n grimeerkunstenaar soek wat jou ekstra spesiaal gaan laat voel op jou groot dag. Selfs as jy van plan is om jou eie grimering te doen, is dit verseker die moeite werd om vooraf ‘n professionele grimeerkunstenaar te raadpleeg om vas te stel watter kleur skakerings die beste by jou vel, oë, haarkleur en troudrag gaan pas.  Die keuse om die regte grimeerkunstenaar vir jou groot dag te kies kan ‘n tydsame proses wees. Ek hoop ek kan dit vir jou vergemaklik met die volgende  vyf belangrike punte;

Beskikbaarheid

Daar sal altyd ‘n paar praktiese vereistes wees waaraan jou grimeerkunstenaar moet voldoen voordat jy bespreek. Dit is belanglik om vroeg genoeg seker te maak dat die persoon van jou keuse beskikbaar is op die datum van jou troue. Maak seker met die bespreking dat hulle bereid sal wees om na die plek waar jy gereed maak, sal reis. Logistiek en prakties gewys is dit makliker en meer koste effektief om ‘n grimeerkunstenaar in die area van jou troue te probeer kry.

Persoonlikheid

Dit is van groot belang dat die persoon wat jou grimeer doen, iemand is wat jy graag wil hê. Dit is een van die belangrikste oomblike van jou lewe en die persoon moet jou op jou gemak kan stel. Die grimeerkunstenaar van jou keuse sal die oggend van jou troue teenwoordig wees en sal ten minste ‘n deel van jou spanning voor die troue moet kan hanteer. Maak seker dat jy iemand kies wat ‘n kalmerende en positiewe invloed op jou en jou gevolg het.

Oop Gemoed

Alhoewel grimeerkunstenaars professionele opleiding ontvang het, moet hulle bereid wees om te luister na die tipe grimering wat jy wil hê. Hulle moet ook bereid wees om jou spesifieke idee bymekaar te kan sit. Grimering is ‘n baie persoonlike ding, want dit kan jou voorkoms in ‘n paar kwashale dramaties verander. Dit is van kardinale belang om ‘n grimeerkunstenaar te vind wat aan jou stylvereistes voldoen.

Belangstelling

Jou grimeerkunstenaar moet elke oomblik van jou troue wil ken, sonder om net nuuskierig wees. Hulle sal baie inligting benodig om die regte prentjie van jou as bruid te kan skets. Die lokaal, beligting,  kleur van jou rok, juwele tot die kleur van jou ruiker speel ‘n rol. Dit alles beïnvloed op die einde van die dag die keuse oogskadu en grimering.

Buigsaamheid

Die grimeerkunstenaar moet jou laat voel dat jy ‘n gewaardeerde en spesiale bruid is. Daarom sal ek altyd aanbeveel om ‘n paar kwotasies na te vra en met ‘n paar grimeerkunstenaars te gesles en verwysings aan te vra. Hulle moet bereid wees om kritiek te kan vat as jy nie gelukkig is nie en om ‘n paar idees te probeer met jou proef. Onthou dit is baie belangrik om openlik te kan komminukeer want hoe jou prentjie lyk en hoe jou grimeerkunstenaar se prentjie lyk mag dalk verskik.

 

error: Content is protected